Groei en chemiese samestelling van verskillende peulgewasse onder suurgrondtoestande

Original Articles

Groei en chemiese samestelling van verskillende peulgewasse onder suurgrondtoestande

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 2 , issue 2 , 1985 , pages: 93–97
DOI: 10.1080/02571862.1985.10634144
Author(s): W.J. Fölscher Departement Grondkunde en Plantvoeding, , R.O. Barnard Departement Grondkunde en Plantvoeding,

Abstract

Die groei van verskillende peulplantspesies is op twee suur bogronde by 'n baie lae vlak van Ca-voorsiening, as hidroksied en sulfaat, in 'n glashuis ondersoek. Die hidroksiedbehandelings, wat met 'n mate van pH-styging gepaard gegaan het, het die beste resultate gelewer. Dit dui daarop dat groeiversteuring met onvoldoende neutralisering verband gehou het. Daar was groot verskille in die groeiprestasie van verskillende spesies met dieselfde vorm van Ca-voorsiening, en moontlike voedingsversteurings word aan die hand van volledige plantontledingsdata bespreek. Waar groei swak was, het verlaagde Mo- en Ca-opname prominent na vore getree, maar geen definitiewe patroon met betrekking tot enige ‘metaaltoksisiteit’ kon vasgestel word nie. Stikstofvoeding was nie na wense nie, wat dui op moontlike probleme met N2-binding by sekere behandelings. Dit was duidelik dat die spesies wat beter onder suurgrondtoestande presteer het, nie naastenby die produksievlak wat met neutralisering verkry is, bereik het nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil