Original Articles

Seisoensveranderinge in die koolhidraatinhoud van jong appelbome

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 1, issue 3, 1984 , pages: 92–95
DOI: 10.1080/02571862.1984.10634117
Author(s): P., J.C. Stassen,

Abstract

Gereelde ontledings van die koolhidraatfraksies in jong appelbome het getoon dat suiker 'n relatief klein gedeelte van die koolhidrate in die boomdele uitmaak, en veral in die wortels voorkom. Stysel akkumuleer in die wortels tot finale blaarval in die winter, waarna 'n afname in styselinhoud begin, en voortduur tot ongeveer sewe weke na bottyd. Hemisellulose kom in groot hoeveelhede in die houtweefsel voor waar dit hoofsaaklik struktureel van aard is. Dit wil voorkom asof hemisellulose gedurende die herfs in die wortelweefsel gemobiliseer word, moontlik om aktiefgroeiende haarwortels te onderhou.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil