Original Articles

Groei en produksie van ‘n aanal aangeplante weidings onder beweiding

DOI: 10.1080/02566702.1988.9648139
Author(s): P.A. PieterseDept Plantproduksie,, J.O. GrunowDept Plantproduksie,, N.F.G. RethmanDept Plantproduksie,

Abstract

Die groei en produksie onder beweiding van ‘n aantal aangeplante weidings is met behulp van die verskilmetode bepaal. Uit die data verkry in die proef is dit duidelik dat indien daar besproeiingswater beskikbaar is, groen materiaal dwarsdeur die jaar voorsien kan word. Spesies wat in so ‘n kombinasie gebruik kan word, is byvoorbeeld Dactylis glomerata, Festuca arundina‐ceae, Lolium multiflorum en Digitaria eriantha. D. eriantha kan egter met Eragrostis curvula, Cynodon dactylon of Medicago sativa vervang word. Loliumperenne het die laagste droëmateriaalproduksie van al die spesies onder besproeiing gelewer.

Get new issue alerts for Journal of the Grassland Society of Southern Africa