Original Articles

Invloed van saaidiepte en grondtoestande op die ontkieming van digitaria eriantha subsp. eriantha (= d. smutsii)


Abstract

In die praktyk word baie probleme met die ontkieming en vestiging van Digitaria eriantha subsp. eriantha (= D. smutsii) ondervind. Die invloed van verskeie eksterne faktore, op die ontkieming van genoemde spesie is ondersoek. Resultate dui daarop dat saaidiepte geen betekenisvolle invloed op ontkieming het nie, terwyl ‘n hoë grondvogstatus ‘n belangrike faktor vir suksesvolle ontkieming is. Ontkieming is deurgaans die beste in gronde met ‘n hoë klei‐inhoud en wat gekompakteer is. Verder blyk dit dat saad vir ‘n redelike lang periode, minstens 49 dae, in die grond (ongeag die voginhoud) gelaat kan word en dat dit na herbenatting nog steeds sal ontkiem.

Get new issue alerts for Proceedings of the Annual Congresses of the Grassland Society of Southern Africa