Original Articles

Die struikweidingswaarde van die oos‐kaap‐valleibosveld


Abstract

Die voedingswaarde van die Oos‐Kaap‐Valleibosveld, in terme van ruproteien, verteerbare droëmateriaal, verteerbare energie en metaboliseerbare energie, soos geselekteer deur Boer‐ en Angorabokke wat van slukdermfistels voorsien is, is bepaal. Die resultate toon dat die Valleibosveld ‘n konstante voedingswaarde van ‘n hoë peil deur die jaar handhaaf. Hierdie hoë peil van voedingswaarde word baie duidelik in dierlike prestasies weerspieël. Rasverskille kom voor ten opsigte van vrywillige droëmateriaal‐ en metaboliseerbare energie‐inname.

Get new issue alerts for Proceedings of the Annual Congresses of the Grassland Society of Southern Africa