Original Articles

Die invloed van plantdatum op die groei en ontwikkeling van grondbone (Arachis hypogaea L.)

Published in: South African Journal of Plant and Soil
Volume 4, issue 2, 1987, pages: 53–56
DOI: 10.1080/02571862.1987.10634939
Author(s): P.J. van RooyenDirektoraat Bio- en Datametriese Dienste, Republiek van Suid-Afrika, C.J. Swanevelder, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Grondbone wat vir drie seisoene op drie plantdatums, nl. die laaste week van Oktober, middel November en die eerste week van Desember geplant is, het laer opbrengste gelewer namate later geplant is. Groei-analisedata is weekliks geneem op blare, stamme, peule en sade. 'n Nuwe groeifunksie, wat ook dalende tendense insluit, is afgelei en op die data gebruik. Dit blyk geskik te wees vir grondbone-groeistudies. Namate later geplant is, het die groeitempo's versnel, maar in die verkorte groeiseisoen kon nie dieselfde opbrengste gelewer word wat met vroeë plantdatums verkry is nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Plant and Soil