Original Articles

Die wiskundige simulering van koolhidraattranslokasie in natuurlike grasveld1

DOI: 10.1080/02566702.1986.9648024
Author(s): H J FouchéDepartement van Landbou en Watervoorsiening (Vrystaatstreek),, JM De JagerDepartement Landbouweerkunde,, J BooysenDepartement van Landbou en Watervoorsiening (Karoostreek),

Abstract

Die groeifunksies benodig vir die simulasie van produksie van ‘n Themeda triandra‐grasveld met behulp van die PUTU 11 simulasiemodel is ontwikkel. Vir die ontwikkeling van die model is die veldproduksiedata van die 1980/81 groeiseisoen gebruik waarna dit suksesvol, vir drie groeiseisoene met uiteenlopende klimaatstoestande, getoets is. In die model is koolhidraatverdeling tussen verskillende plantdele gesimuleer deur van verskillende funksies vir elke groeistadium gebruik te maak. Die hipotese is gestel dat die verskillende plantdele na ‘ n gewenste massaverhouding tot die totale plantmassa streef deur die translokasie van koolhidrate. ‘n Beperkte maksimum tempo van translokasie in en uit plantdele is gestel. Die werklike translokasietempo verander sigmoidaal met die relatiewe massaverhoudingafwyking.

Get new issue alerts for Journal of the Grassland Society of Southern Africa